Hierdie industriële deeltitelontwikkeling bestaan uit 9 eenhede wat tans vir uiteenlopende besighede gebruik word, waaronder spuitverwers, ysvervaardiging, konstruksie en heiningvervaardiging. Die eiendom is tans vir Algemene Industriële gebruik gesoneer en is in dieselfde straat as Boland Canvas, Kraaifontein Construction, Agri besigheidspark en Calculus geleë.
Die eienaar bied 3 aangrensende pakhuiseenhede, wat reeds oopgebreek is om een ruim industriële area van 594 m² te vorm, te koop aan.
Die eenheid beskik oor ’n 2 kantore, 2 store, 5 toilette, wasbakke en 3 oproldeure. Met ’n dakhoogte van 6 meter en oproldeure van 5 meter hoog, is dit ideaal vir ondernemings wat onder meer met kode 10-vragmotors werk.
’n Praktiese en ruim geleentheid vir ’n onderneming wat goeie toegang, hoogte en bruikbare industriële ruimte benodig vir stoor of vervaardiging.
Die eiendom het tans enkelfasekrag, maar is geskik vir die installering van ’n driefasekragtoevoer
Uitstekend geleentheid - moenie huiwer om my te skakel nie.